Plaaslike afrigter van Heroes Sokker Klub gesels sport

0

Melvin Engelbrecht beter bekend as “oom flau” dien al jare lank die Port Nolloth gemeenskap as ‘n sokker span afrigter.

Engelbrecht gesels met Radio NFM oor die impak van die pandemie op die plaaslike sport asook die voordele vir jongmense wat in sport deel neem.

Melvin sê dat dit op hierdie oomblik af seisoen by die sokker, daar is ook geen oefening of wedstryde asgevolg van die Covid 19 pandemie.

Daar is van die spelers wat op hul eie oefen en hulle  sal moontlik teen September/Oktober maand weer begin met die liga wedstryde.

Hy deel die voordele van sportbetrokkenheid vir ons jeug.

“Dit verhoog konsentrasie vlakke, dit leer die jongmense om in ‘n organisasie saam te werk en dit help ook om jou visie te verbreed,” sê Melvin.

Die been digtheid van mense in sport verbeter asook die kardiovaskulêre sisteeme die bloedomloop.

Melvin voeg by dat dit die jeug help om spanning beter te hanteer en hul fokus is dan op hul sport in plaas van verkeerde dinge soos drank en dwelms.

Jeug wat in sport deelneem vaar beter in sport by die skool en is meer afgerond.

Wanneer jy in sport betrokke is dan sien die gemeenskap jou as ‘n leier en dit bou ook vetroue en wen repsek by jou gemeenskap.

Hy sê ook dat almal uitsien dat die pandemie moet eindig so dat hy kan voortgaan om die jeug van sy gemeenskap te bou.

Leave A Reply

Your email address will not be published.