Plaaslike Besigheidseienaars Ruk Op Na Hof Oor Verdagtes Se Borgaansoek

0

Die gewapende roof en moord wat op 1 Februarie op Springbok voor Kekkel en kraai plaasgevind het, het groot opslae gemaak in die plaaslike gemeenskap.

Op 23 Februarie, het die verdagtes in die Springbok-landdroshof verksyn vir ’n formele borgtog aansoek.

Die plaaslike buitelanders het besluit om op te ruk na Springbok-landdroshof op Donderdag, 25 Februarie, om vreedsaam te protesteer teen die borgaansoek.

NFM nuus het gesels met die eienaar van Caroline’s Take Away Grocer, Simoné Cloete.

Simoné vertel dat hulle in vrees lewe omdat hulle bang is dat misdadigers enigetyd by hul winkels kan in bars.

“Alhoewel die oorledene ’n buitelander was, was hy nogsteeds ’n persoon, ’n broodwinnaar en iemand se broer,” vertel Simoné vreesbevange.

Sy vertel ook dat die oorledene sy lewe koelbloedig verloor het en dat sy bekommerd is oor wat dalk kan gebeur wanneer die verdagtes vrygelaat word.

“Iemand se lewe is baie belangriker as geld.”

Cloete spreek ook haar misnoё uit oor hoe die voorval op sosiale media uitgebuit is en hoe verkeerde inligting links en regs versprei is.

Sy vertel dat sy familie was van die oorledene en haar seun moes onmiddelik sielkundige behandeling ontvang nadat hy op sosiale media gesien het hoe sy oom in ’n plas bloed lê.

Nóg ’n winkeleienaar Ali, vertel aan NFM nuus dat hy al reeds 7-8 jaar op Spingbok woon.

“Ons het altyd gemaklik gevoel om rond te beweeg in Springbok, maar nou is ons almal bang,” vertel Ali.

Hy vertel ook dat hulle nie gewoond is aan die tipe geweld op Springbok nie en doen ’n noodkreet op die polisie om gereeld te patrolleer in die dorp.

Een verdagte is na bewering op Vrydag, 26 Februarie, borg toegestaan.

Leave A Reply

Your email address will not be published.