Plaaslike munisipaliteite skuld steeds Eskom miljoene

0

Eskom het bekendgemaak dat hy miljoene rande verloor het, as gevolg van peuter en spookverkope in die Noord-Kaap.

Die woordvoerder van die kragvoorsiener, Phenyo Letong, sê die kragvoorsiener het net in die 2019-boekjaar, ongeveer R7,3 miljoen aan inkomste in Pampierstad, in die Phokwane plaaslike munisipaliteit verloor.

Hy sê hulle sal streng maatreëls tref om verdere verliese te beperk.

“Eskom waarsku dat diegene wat gevind word dat hulle met meters gepeuter het, ontkoppel sal word en eers weer verbind sal word wanneer hulle ‘n boete betaal het.”

Eskom word na raming R43 miljard geskuld deur klante regoor die land – waaronder munisipaliteite soos Kamiesberg, Richtersveld, Tsantsabane en Emthanjeni in die Noord-Kaap.

Letong het belowe dat die kragvoorsiener ook spookverkope sal ondersoek, wat verwys na die koop en verkoop van onwettige kragbewyse van onwettige handelaars.

Leave A Reply

Your email address will not be published.