Plaaslike omroeper nou ‘n #Top20Finalist in #MissDragSouthAfrica2020 kompetisie

0

Marsilino “LaPont” Mac-Donald, ‘n omroeper en nuusleser by Radio NFM 98.1, het onlangs sy plek as ‘n Top 20 Finalis, in die gesogte, Miss Drag South Africa 2020 skoonheidskompetisie, verseker.

Foto: Verskaf

Mac-Donald het alreeds in Februarie vanjaar ingeskryf, en het tydens Vlak 2, van die nasionale grendelstaat uitgevind dat hy die Top 50 gemaak het.

Mac-Donald is ook die enigste persoon van die Noord-Kaap, in vanjaar se Top20.

Hy het ‘n goeie gevoel hieroor gehad en begin om saam met NFM se #SoupDrive-span, harte warm te maak in die Namakwa-distrik.

Nadat vanjaar Top20 finaliste aangekondig was, het hulle met die kompetisie se #DragWithAPurpose-komponent begin.

Die Miss Drag South Africa-platform beklemtoon die doel van ‘Drag with a Purpose’ wat deur die kompetisie se stigter, Enigma von Hamburg geïnisieer is, om lewens in ons eie gemeenskappe te verander.

Met die titel, kom die voorreg om hierdie liefdadigheid op ‘n nasionale platform aan te bied.

Die Top20 Finaliste was uitgedaag om buitengewone aktiwiteite uit te voer, om hul eie gemeenskappe te bemagtig, veral terwyl Suid-Afrika tans ‘n globale pandemie bestry.

Mac-Donald het vertel dat hy lank en diep gedink het, oor hoe hy sou hierdie onsigbare vyand van armoede en hopeloosheid onder ons mense kon beveg.

“Maar my fantastiese idees is beperk, want ek is óók, ‘Ons mense’. My hulp lê in dus in my gemeenskap se hande…”

Mac-Donald het aan NFM Nuus vertel dat hy die Regte en Drag-kultuur van die plaaslike LGBTQIA+ -gemeenskap wil bevorder.

“Ek wil dien as ‘n plaaslike- , provinsiale- en nasionale- banier van hoop en agent vir verandering.

Ek wil my gemeenskap ophef en ‘n positiewe rolmodel wees vir inwoners.

Ek wil my deursettingsvermoë, om ‘n verandering te wil bring aan die hele Suid-Afrika, bewys.”

Foto: Verskaf

Fynere besonderhede oor die kompetisie is tot op hede nog vaag, en alle finaliste is steeds besig om hul liefdadigheidsprojekte te doen, in hul verskeie gemeeskappe.

“Indien ek sou gekroon word as Miss Drag South Africa 2020, sal hierdie platform ook as ‘n middel dien om ons gemeenskappe op te voed om elke mens te respekteer en te verdra”, het Mac-Donald afgesluit.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.