Plaaslike skrywer stel boek op Nababeep bekend

0

Die vierde boekbekendstelling van die Namakwalandse skrywer, Roeline Snyders-Ruiter, “In die holte van Sy hand”, het plaasgevind by die Whispering Palm Guesthouse op Nababeep.

Snyders-Ruiter se familie, vriende en lesers het haar ondersteun.

Ben Similanie was die seremoniemeester en is ook ‘n goeie vriend van die skrywer.

Snyders-Ruiter maak gebruik van sosiale media, maar glo dat ‘n boek bekendstelling die beste is.

Haar eerste boek, “Optelgoed is hougoed”, was in Bulletrap bekendgestel en die tweede boek, “Lolla se storie” was op Okiep.

Die derde boek “Emmertjie manna”, is nog nie bekendgestel nie en dis waarom dit so swak verkoop, vertel die skrywer.

“In die holte van Sy hand” is haar vierde boek, en dit is ‘n storie uit Nababeep en handel oor diè dorp se mynwerkers.

Met trane in haar oë vertel sy dat sy ‘n broer gehad het, wat in die myn gewerk het en dat alkohol deel van die mynwerkers was.

Sy het haar storie geskryf oor hoe alkohol ‘n familie kan opbreek.

Die boek het sy opgedra aan haar pa, Jonathan Ruiter, die man wat nog altyd ‘n reguit pad geloop het en nooit bang was om te verdwaal nie, omdat hy geweet het dat hy in God se hande is.

“Pen en papier is my happy place! het sy met oorgawe aan die skare vertel.

Sy het al van jongs af ‘n passie vir storievertelling en het aan kortverhale in 2016 begin skryf.

Soos die jare aangegaan het, het die skrywer besef dat sy mense kan help met haar inspirerende stories.

“Spyt kom altyd te laat”, is ‘n verhaal wat in September in die Kuier-tydskrif gepubliseer was en in Augustus in die Huisgenoot.

Malherbe-uitgewers het maklik haar bundel kort verhale aanvaar.

“Optelgoed is hougoed”, is in 2018 gepubliseer, gevolg deur “Lolla se storie” en “Emmertjie manna” in 2019, “In die holte van Sy hand” in 2020, en “Dans in die storm” en “Woorde is verewig” is ‘n bundel met 40 000 woorde, wat binnekort beskikbaar sal wees.

Deur al haar skrywery, haar werk by die biblioteek, haar rol as huisvrou, ma en ouma, het sy baie werkswinkels bygewoon om haar vaardighede op te knap.

Sy vertel dat sy bevoorreg was om die ATKV-skryfskool, by die Noordwes Universiteit kon by te woon.

Sy het vir twee agtereenvolgende jare die top 20 gehaal in die Chloè Litarêre-kompetisie, en hierdie jaar het sy in die derde plek opgeëindig.

Met dankbaarheid en soveel emosie in haar stem, het sy haar familie en vriende bedank.

Leave A Reply

Your email address will not be published.