Plaaswerker kry 15 jaar gevannisstraf

"Noord Kaapse Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat Witbooi en drie ander plaaswerkers was op 6 April 2019 omstreeks 11:00 in ’n onderonsie betrokke wat gelei het tot die noodlottige messteek op Nickford Smit(24)."

0

‘n Plaaswerker, Johannes Witbooi(35)is onlangs in die Carnavon-streekhof 15 jaar tronkstraf vir moord opgelê.

Noord Kaapse Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat Witbooi en drie ander plaaswerkers was op 6 April 2019 omstreeks 11:00 in ’n onderonsie betrokke wat gelei het tot die noodlottige messteek op Nickford Smit(24).

Witbooi het ook een ander man gesteek en gedreig om nog een te steek tydens dieselfde voorval, op ‘n plaas net buite Fordsburg, waar hulle werksaam was.

“Johannes Witbooi is op 17 November 2021 gearresteer en gevonnis tot 15 jaar vir die moord en ‘n verdere vyf jaar vir ernstige  aanranding. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word,” het Kaptein Kock gesê.

“Die waarnemende distrikskommissaris vir Pixley Ka Seme-groepering, Kol Richard Nyalela het die ondersoekbeampte, Adjudant-Offisier Keith Oliphant van die Fordsburg-speurders geloof vir sy uitstekende werk.

Effektiewe en doeltreffende speurwerk lei altyd tot uitstaande resultate, het Kol Nyalela gesê.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.