Pofadder FCS kweek bewustheid oor GBV by laerskool op Pofadder

 Pofadder FCS kweek bewustheid oor GBV by laerskool op Pofadder

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Speurder Adjudant-Offisier Nortje verbonde aan die Pofadder FCS-eenheid vergesel deur Adjudant-Offisier Baardman van Maatskaplike Misdaadvoorkoming het op 21 Februarie 2022, Laerskool Franscois Visser besoek.

Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder het beklemtoon dat die rede vir die besoek was om aandag te gee aan en bewustheid te skep oor geslagsgebaseerde geweld wat geteiken is op Graad R- en Graad 2-leerlinge.

Die klem en betrokkenheid was op verskeie onderwerpe wat spesifiek gefokus het op afknouery by die skool en seksuele misdrywe.

“Leerders is aangemoedig om diegene aan te meld wat hulle afknou of afknouery onder die leerders aanhits. Hulle is ook aangemoedig om enige vorm van mishandeling, insluitende seksuele mishandeling, aan te meld,” het Twana gesê.

Lede van die Pofadder FCS-eenheid sal op gereelde basis voortgaan om skole in Pofadder te besoek.

FCS-eenhede sal voortgaan om bewustheid oor GBV te kweek in ‘n poging om alle vorme van mishandeling uit te roei.

Bernadine Hearn

Related post