Pofadder Hotel-eienaar se lyk in swembad aangetref

0

Die polisie op Pofadder ondersoek ‘n saak van moord en vermeende huisroof, nadat ‘n 40-jarige sakeman en hotel-eienaar, dood by sy huis aangetref is.

Die grusame gebeurtenis kom nadat Leon Brits, die eienaar van Pofadder Hotel, se liggaam deur sy vrou, in hul swembad aangetref is.

Foto: Verskaf

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat die slagoffer met veelvuldige steekwonde in sy bors gevind is.

Daar is ook na bewering nie waardevolle items uit die huis gesteel nie.

Ramatseba voeg by dat inligting op hierdie stadium baie onduidelik is.

“Brits laat na sy vrou, en drie kinders.”

Foto: Verskaf

Die polisie het nog geen verdagtes vir die tragiese misdryf, in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen laastens ‘n beroep op die gemeenskap om asb met inligting na vore te kom, en Luitenant Kolonel David Groenewald skakel by, 082 448 4596.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.