Polisie benodig die hulp in die opsporing van ‘n persoon

“Die polisie is op soek na 'n persoon bekend as Siyabonga Madondo, wat moontlik kan help met inligting rakende dié saak” het Kaptein Kock gesê.

0

Die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek ‘n saak van poging tot verkragting en aanranding, wat na bewering op 6 Oktober 2021 omstreeks 21:00 in Galeshewe gebeur het.

Kaptein Sergio Kock, Noord Kaapse Polisiewoordvoerder het bevestig dat die voorval het na bewering by die slagoffers se huis in Morokastraat plaasgevind waar sy erg aangerand is en haar aanvaller probeer het om haar te verkrag en van die toneel gevlug het.

“Die polisie is op soek na ‘n persoon bekend as Siyabonga Madondo, wat moontlik kan help met inligting rakende dié saak” het Kaptein Kock gesê.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Kapt Sebata Tsiu by 0828744613 skakel, anoniem sms na 32211 of die ondersoekbeampte, Kapt Sebata Tsiu gebruik.

Alle inligting sal met die grootste vertroulikheid  hanteer word.

Die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.