Polisie doen bewusamking oor statutêre verkragting, boelie en tienerswangerskap in Kakamas

"Kaptein Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat die genoemde fokuspunte is aangespreek en die skoliere is ingelig oor die realiteit van hierdie sosiale euwels."

0

Die Kakamas-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GBS) in samewerking met die departement van onderwys en departement van maatskaplike ontwikkeling het op 29 Oktober 2021 ‘n bewusmakingsveldtog oor statutêre verkragting, afknouery en tienerswangerskap by ‘n skool in Kakamas gehou.

Kaptein Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat die genoemde fokuspunte is aangespreek en die skoliere is ingelig oor die realiteit van hierdie sosiale euwels.

“Die bywoners is ook ingelig oor die verskillende prosesse om hierdie kwessies by die skool te hanteer. Die span het hul ondersteuning aan opvoeders gebied en hul kontakbesonderhede deurgegee om te help met die spoedige aanmelding van hierdie misdade,” het Kaptein Kock gesê.

Die provinsiale hoof vir FCS, Brigadier Nicky Mills het Adjudant-Offisier Mokgalagadi, die waarnemende eenheidsbevelvoerder en die span geloof vir die uitstekende program en voortgesette inisiatief in die ZF Mgcawu-distrik.

Leave A Reply

Your email address will not be published.