Polisie gaan voort om dwelmhandel te bestry

0

Die Kimberley-polisie, met behulp van die honde-eenheid, het verlede naweek voortgegaan om die Rampbestuurregulasies af te dwing deur misdaad te bekamp.

Die polisie het egter beslag gele op dwelms in Barkley-Wes en Delportshoop.

COVID-19-misdaadvoorkomingspligte en klopjagte is by verskeie huise in beide die dorpe deur die span uitgevoer.

‘n Woordvoerder vir die polsie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die polisie inligting ontvang het oor dwelms wat in die dorpe verkoop word.

Die lede het in 7de Laan, op Delportshoop ’n huis deursoek, waar hulle dagga en mandrax in ’n koelerboks gevind het.

“Die geskatte waarde van die dwelms beloop R400.”

Die polisie het die dwelms gekonfiskeer en ’n 32-jarige man is in hegtenis geneem op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die verdagte sal binnekort voor die landdroshof op Barkley-Wes verskyn.

By ’n ander perseёl in die Rekoeo-omgewing op Delportshoop, het die polisie op R800 se dagga beslag gele.

Leave A Reply

Your email address will not be published.