Polisie het die hulp van die gemeenskap nodig

Enige persoon met die inligting, kan Konstabel Marko Links kontak by 079 6241 075 of 027 7131 011.

0

Die 67-jarige Edward Coetzee is in November 2020 erg aangerand op ‘n plaas naby Okiep, en het later aan sy aanrandingsbeserings beswyk.

Die oortreder is op hierdie stadium nog onbekend.

‘n Woordvoerder vir die polisie Kaptein Olebogeng Tawana het gesê, die moordverdagte is steeds vermis en onbekend.

Die polisie versoek die hulp van die gemeenskapslede om met inligting na vore te kom, wat die polisie kan help om die moordverdagte vas te trek.

Enige persoon met die inligting, kan Konstabel Marko Links kontak by 079 6241 075 of 027 7131 011.

Crime Stop kan gekontak word by 08600 10111.

Alle inligting wat gedeel word, sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.