Polisie lê beslag op daggaplantasie in Kimberley

Die verdagte was gevang met 'n aansienlike hoeveelheid dagga in sy besit.

0

Die Kimberley-polisie het gister ‘n man in hegtenis geneem nadat hy in besit van ‘n aansienlike hoeveelheid dagga was.

Misdaadvoorkomingspatrollies was uitgevoer, en het die polisie na ‘n huis in Greenpoint, naby Kimberley, gelei waar ‘n dagga-plantasie gevind is.

‘n Woordvoer vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die polisie’n 33-jarige man met ‘n sak opgemerk het.

Toe die polisie hom styop en deursoek, het hulle hom in besit van twee plastieksakke – gevul met dagga – gevind.

“Die dagga se beraamde straatwaarde beloop R50 000.”

Tawana sê die verdagte is in hegtenis geneem en aangekla vir die besit van dagga.

Die verdagte sal na verwagting binnekort voor die landdroshof in Kimberley verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.