Polisie maan publiek om by vlak-3 regulasies toe hou

"“Ons sal voortgaan om die verkoop van alkohol te monitor”, het Tawana gesê."

0

Die polisie in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op lede van die sakeforums, sake-broederskap, insluitende formele en informele besighede en asook alle burgers om by die aangepaste vlak 3 -regulasies van die Wet op Rampbestuur te hou.

Die aandklokreël bly van toepassing onder die aangepaste vlak-3 en daar word verwag dat alle burgers tussen 22:00 en 04:00 tuis sal bly.

Slegs persone wat noodsaaklike pligte verrig en oor die nodige dokumente beskik, sal op straat toegelaat word.

“Die polisiebestuur in die provinsie het met groot kommer opgemerk dat sekere besigheidseienaars nie die voorgeskrewe werksure nakom nie. Versuim om dit na te kom sal lei dat boetes opgelê word. Soos voorgeskryf, moet alle nie-noodsaaklike ondernemings teen 21:00 gesluit wees sodat werknemers en kliënte by hul woonplekke kan wees om die oortreding van die rregulasies te vermy”, het Kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Die wet sal in hierdie verband kragtig toegepas word, daarom word besigheidseienaars ernstig gewaarsku om nie die regulasies te oortree nie. In sommige gevalle vind die misdadigers die geleentheid om besighede te beroof wat nog in bedryf is of buite die regulasietyd is.

“Ons sal voortgaan om die verkoop van alkohol te monitor”, het Tawana gesê.

Die verkoop van drank gedurende naweke en openbare vakansiedae is streng verbode.

Alkohol kan egter van Maandag tot Donderdag tussen 10:00 en 18:00 gekoop word.

Tavernes en eienaars van bottelwinkels word gewaarsku dat  hulle word gemonitor sal word  terwyl hulle drank buite die vasgestelde dae onwettig verkoop.

Die polisie sal die gesag van die wet kragtig toepas en afdruk tydens die inperkingstydperk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.