Polisie ondersoek na ‘n skietvoorval op Kagisho

"Daar word beweer dat die 40 -jarige man wat oorlede is in sy geparkeerde voertuig buite sy woning saam met 'n vroulike metgesel was."

0

Die polisie in Kagisho ondersoek ‘n moordsaak na ‘n skietvoorval wat op 3 Oktober 2021 omstreeks 01:00 in Retswelele in Galeshewe plaasgevind het.

Daar word beweer dat die 40 -jarige man wat oorlede is in sy geparkeerde voertuig buite sy woning saam met ‘n vroulike metgesel was.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat terwyl hulle in die voertuig sit, het ‘n onbekende wit voertuig langs hulle stil gehou en die passasier het ‘n vuurwapen uitgehaal en skote afgevuur op die oorledene wat op die toneel dood is.

“Die vroulike metgesel kon sonder beserings ontsnap. Die motief vir die skietvoorval is nog nie vasgestel nie. Die polisie het die 72 uur -aktiveringsplan vir die mobilisering van hulpbronne geïmplementeer op soek na die verdagte,” het Kolonel Gamieldien gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie se ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, sers Donna Palm, te skakel by 060 972 3262 of 08600 10111 of via die MYSAPS -app. Die inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.