Polisie opsoek na vermiste Daniёlskuil-man

0

Patrick Huly, (62) van Owendale op Daniёlskuil, is sedert 31 Augustus 2020 vermis.

Huly het na bewering sy huis op Maandag omstreeks 07:00 verlaat, op pad na Postmasburg.

Daar word beweer dat die vermiste man glo nooit sy bestemming op Postmasburg bereik het nie.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat Huly in ’n blou overall-broek en ‘n oranje-en-blou hemp, met veiligheidsreflektors op, laaste gesien was.

“Inligting het getoon dat Huly na bewering laaste op Barkley-Wes, by Kalahari Tops, gewaar was.”

Enigeiemand met inligting oor Patrick Huly, kan speurder Riaan Kock by 082 495 4681 te skakel.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.