Polisie opsoek na vier verdagtes in moordsaak

0

Die polisie in Kimberley het ‘n soektog na vier verdagtes geloods, na die moord op Deon Mkwanazi in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal.

Die 38-jarige Mkwanazi is meer as ‘n week gelede op sy hospitaalbed doodgeskiet.

Daar word beweer dat vier mans, saal-A2 in die openbare hospitaal binnegegaan en Mkwanazi in die kop geskiet het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Gamieldien voeg by dat ‘n beloning van R50 000 uitgereik is, vir inligting wat tot die inhegtenisnemings kan lei.

“Die motief vir die skietery is nog onbekend.”

Die provinsiale departement van gesondheid doen intussen ook ‘n beroep op die publiek, wat inligting oor hierdie voorval het, om na vore te kom.

Die departement sê die opgradering van die veiligheidstelsel in die hospitaal is aan die gang.

Leave A Reply

Your email address will not be published.