Polisie slaan toe op dwelmlaboratorium

"Die lede het ook beslag gelê op vullissakke gevul met vermoedelik kokaïen, Tik en Khat."

0

Die SAPD se provinsiale ondersoekbeamptes betrokke by georganiseerde misdaad het op ‘n beweerde dwelmlaboratorium in Kimberley toegeslaan en op dwelms ter waarde van ongeveer R1 miljoen beslag gelê.

‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat die span is bygestaan deur die SAPD Multi-dimensionele georganiseerde misdaad -eenheid en het ‘n 43-jarige man in hegtenis geneem vir die handel en vervaardiging van vermoedelik dwelms.

“Die polisie het beslag gelê op toerusting en gereedskap wat in die vervaardigingsproses gebruik is, naamlik potte, skale, lepels, oonde en ‘n verskeidenheid chemikalieë wat na bewering vir die vervaardiging van dwelms gebruik is,” het kaptein Kock gesê.

Die lede het ook beslag gelê op vullissakke gevul met vermoedelik kokaïen, Tik en Khat.

Die huis is op 17 November 2021 om die middag in Carters Glen, Kimberley, oorval.

Kaptein Kock vertel dat die Frances Baard Distrikskommissaris, Genl-Maj Johan Bean het die SAPD-lede geloof vir hierdie groot deurbraak en het herhaal dat hulle sal aanhou om die spasie vir misdadigers in te perk, aangesien dwelms een van die fokusareas hierdie feesseisoen sal wees.

Leave A Reply

Your email address will not be published.