Polisie spoor verkragter op – lede geloof vir vinnige optrede

"“Dit is Nasionale  Vrouemaand en vroue moet veilig voel”, het Brig Mills gesê."

0

Die SAPD se provinsiale opsporingspan het gedoen wat hulle die beste doen, en dit is om verdagtes op te spoor.

‘n 29 -jarige manlike verdagte is op 3 Augustus 2021 omstreeks 16:30 in Galeshewe opgespoor en inhegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om ‘n 17-jarige  slagoffer te verkrag.

‘n Polsiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kapt Sergio Kock, het bevestig dat daar word beweer dat die verdagte, wat ‘n werknemer is by ‘n drankwinkel, op 1 Augustus 2021 omstreeks 23:00 die vrou gegryp en in ‘n kamer gedwing het,  waar hy haar aangerand en ook wou verkrag het.

“Sy het teruggeveg en die verdagte het haar in die kamer toegesluit en van die toneel gevlug. Die slagoffer het om hulp geskree en ‘n lid van die gemeenskap het tot haar redding gekom en die saak is by die polisie aangemeld”, het Kock gesê.

Brig Nicky Mills betrokke by die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, sers. Feroza Adams, Bradley Lemmetjies, Devon Mouries en Zwele Nobathana van die Provinsiale Opsporingspan geprys vir hul vinnige reaksie en vinnige arrestasie van die verdagte.

“Dit is Nasionale  Vrouemaand en vroue moet veilig voel”, het Brig Mills gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.