Polisie trek meer as 7 000 misdadigers vas in drie maande

0

Meer as sewe duisend verdagtes is gearresteer sedert die polisie se veiliger feesseisoen-operasies in werking getree het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het gesê dat vennootskapspolisiëring tussen die Suid Afrikaanse Polisiediens, alle relevante misdaadbestrydingsorganisasies en die gemeenskap weereens van krag is, tydens hierdie feesseisoen en daarna.

Die gesamentlike operasies vir die veiliger feesseisoen wat sedert begin Oktober tot 18 Desember 2020, deur die polisie uitgevoer word, laat geen steen onaangeroer nie, en bied vermeende misdadigers geen straffeloosheid nie.

Meer as 7 200 verdagtes is gearresteer vir verskillende oortredings; onder meer dronkbestuur, dwelmhandel, besit van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie, onwettige drank, moord, poging tot moord, roof, inbrake, aanranding, diefstal, seksuele oortredings, veediefstal, die besit van vermoedelik gesteelde eiendomme, onwettige immigrasiewet, gesoekte verdagtes, ens.

Verskeie ander persone is ook in hegtenis geneem weens minder ernstige misdade, soos die misbruik van drank in die openbaar, openbare oorlas en oproerige gedrag.

Die operasies is deur polisiekantoorlede toegepas en is versterk deur Suid Afrikaanse Polisiediens se provinsiale ondersteuningspersoneel en gespesialiseerde polisie-eenhede soos die honde-eenheid, Flying Squad, snelwegpatrollie, misdaadintelligensie, openbare orde-polisie-eenheid, speurders, taktiese reaksiespan, eenheid vir georganiseerde misdaad, vee diefstal-eenheid, ondersoekeenheid vir voertuigmisdaad en SAPS Airwing, om maar net ‘n paar te noem.

Die sigbaarheid is ook verbeter deur lede van die gemeenskapspolisiëringsforums en hul onderskeie buurtwagte in hul plaaslike gemeenskappe, sentrale sakegebiede en winkelsentrums.

Honderde veiligheidsaanwysers vir die feesseisoen word versprei by padversperrings, taxistaanplekke, hospitale, en die publiek is voortdurend gesensiteer en gemaan om aan alle COVID-19-regulasies te voldoen.

Tydens die operasies, as deel van die nakoming van die drankwet, verkeersveiligheid, tweedehandse goedere en ander verwante misdrywe, is meer as 4 800 boetes uitgereik vir drankmisdrywe, wat ook persone insluit wat in die openbaar dronk en dronk gevind is.

Hierdie suksesse kom meestal van nakomingsinspeksies in meer as 1 400 drankwinkels, vuurwapenwinkels en winkels wat tweedehandse goedere verkoop.

Die spanne het ongeveer 80 sjebeens gesluit en beslag gelê op meer as 20 000 liter onwettige alkoholiese konkoksies.

Ramatseba het bygevoeg dat  die polisie tydens hierdie operasies beslag gelê het op ‘n groot hoeveelheid onwettige vuurwapens, honderde gevaarlike wapens, gesteelde selfone, skootrekenaars, en ‘n groot hoeveelheid dwelms.

Al die verdagtes wat in hegtenis geneem is, het voor verskillende landdroshowe in die provinsie verskyn.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisiediens in die Noord-Kaap generaal-majoor, Henriette De Waal, het haar opregte waardering uitgespreek aan alle rolspelers wat tot dusver by hierdie suksesse betrokke was, en het herhaal dat kriminele geen ruimte sal geniet om in die Noord-Kaap op te tree nie, gedurende hierdie feestydperk en daarna.

“Die polisie doen ‘n beroep op almal om misdaad by hul naaste polisiekantoor aan te meld, of alternatiewelik die misdaadstop nommer te skakel by 08600 10111, of ‘n anonieme sms na 32211 stuur of wenke gee op die MySAPSApp.”

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.