Polisie vind gesteelde vee terug

"Die operasie vorm deel van die Veiliger Feesseisoen-operasies en die SAPD sal voortgaan om die greep te verstewig en die ruimte vir misdadigers te knyp om te opereer."

0

’n Opsporingsoperasie wat deur lede van die De Aar Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid en die Kimberley Mounted-eenheid uitgevoer is, het gelei tot die herwinning van vee ter waarde van duisende.

Kaptein Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap  het bevestig dat op 24 November 2021 het die span op ‘n 51-jarige man in Richmond toegeslaan en beslag gelê op 107 Merinoskape.

 Na wat beweer was is dit by ‘n plaas naby Sutherland gesteel.

“Die skaap is tussen 30 April 2021 en 21 September 2021 gesteel en is sowat R235 000 werd. Die polisie het ‘n veediefstaldossier geregistreer en dit sal voor die Senior Staatsaanklaer voorgelê word vir ‘n beslissing,” het Kaptein Kock gesê.

Die operasie vorm deel van die Veiliger Feesseisoen-operasies en die SAPD sal voortgaan om die greep te verstewig en die ruimte vir misdadigers te knyp om te opereer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.