Polisie vra  hulp in die opsporing van ‘n verkragter en roof vergdate

 Polisie vra  hulp in die opsporing van ‘n verkragter en roof vergdate

Die Hartswater-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek ‘n saak van  verkragting en roof wat na bewering in Warrenton plaasgevind het.

Luitenant-Kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het bevestig op 10 Oktober 2019 omstreeks 02:00 het ‘n onbekende man by die huis van die 48-jarige vroulike slagoffer ingebreek.

“Die verdagte het die drie vroue met ‘n staalpyp gedreig en hulle verkrag. Die verkragtingslagoffers (48) is die eienaar van die huis ,haar suster(42) en haar dogter(29),” het Kock gesê.

Nadat hy die drie vroue verkrag het, het die verdagte hulle van hul selfone beroof en van die toneel gevlug.

Enigiemand met inligting oor hierdie voorval of die verdagte in die ID herken kan D/Sgt Rachel Moholwane by 071 686 0983 kontak.

Alternatiewelik kan jy ook anoniem na 32211 sms of die polisie kontak via die MySAPS-toepassing. Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word. Die ondersoek duur voort. 

Related post