Polisiebeampte gaan die ekstra myl om ‘n drenkeling te help

"Kaptein Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat die man het na bewering sy balans verloor en in 'n sloot vol water geval het."

0

Lede van die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die ekstra myl gegaan terwyl hulle op 10 November 2021 om 12:00 in Sewende Laan, Galeshewe aan ‘n klag aandag gegee het toe hulle ‘n bejaarde man op ‘n brug opgemerk het.

Kaptein Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat die man het na bewering sy balans verloor en in ‘n sloot vol water geval het.

“Sers Siphiwe Mdunge en Konstabel Patience Fortuin het gehaas om hulp aan die drenkeling te bied en het daarin geslaag om hom uit die watergevulde sloot te trek. Die man is hospitaal toe geneem vir mediese aandag en is in ‘n stabiele toestand,” het Kaptein Kock gesê.

“Die Provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, Brig. Nicky Mills het Sers Siphiwe Mdunge en Konstabel Patience Fortuin geloof vir hul dapperheid en bereidwilligheid om hul eie lewens in gevaar te stel om ‘n lid van die gemeenskap wat in nood verkeer het, te red en die toewyding  om hul gemeenskap te beskerm en te dien gaan nie ongesiens verby nie, het Brig. Mills gesê.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.