Polisiekonstabel in hof nadat hy weduwee bedrieg

0

‘n 39-Jarige polisiekonstabel sal vandag in die Upington-landdroshof verskyn, op ‘n klagte van bedrog en korrupsie.

Daar word beweer dat die polisieman, ‘n weduwee – wat ‘n familielid van ‘n voormalige ontslape kaptein is – gemaan het om R3 000 aan hom te betaal.

Hy sou na bewering geld vanaf die Pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF), vinniger kon verkry, indien sy die geld sou betaal.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Tlangeleni Rikhotso, het bevestig dat die verdagte na bewering aangehou het, om die slagoffer te dwing om die geld te betaal.

“Die weduwee het gevolglik gevou onder die polisieman se druk.”

Die saak is ondersoek en die polisieman is deur die Teenkorrupsie-ondersoekeenheid (ACIU), in hegtenis geneem.

Leave A Reply

Your email address will not be published.