Polisiekonstabel moordsaak hervat

"Die Nigeriese Emanuel Okafor word daarvan verdink dat hy Visagie in sy slaap in Lennertsville buite Keimoes met 'n mes vermoor het."

0

Die moordsaak van Rosedale polisiekonstabel Stefano Visagie is vandag weer in die Landdroshof, waar daar gehoop word dat DNS-uitslae gereed sal wees.

Die Nigeriese Emanuel Okafor word daarvan verdink dat hy Visagie in sy slaap in Lennertsville buite Keimoes met ‘n mes vermoor het.

Die nie-regeringsorganisasie, Give Light, het kommer uitgespreek oor die agterstand in DNS-resultate, wat die gang van gereg vertraag en gesinne traumatiseer.

Die organisasie se Portia van Wyk sê hulle is bekommerd dat die saak van die rol geskrap kan word indien die DNS-uitslae nie vandag beskikbaar is nie.

BRON: OFMNUUS 

Leave A Reply

Your email address will not be published.