Port Nolloth atleet toon groot belofte

Bilo vertel: ”My atletiekloopbaan het op 'n jong ouderdom begin waar ek en my vriende altyd resies gehardloop het.”

0

“Hier is nie eens ‘n atletiekbaan nie“

Millano Jantjies (18), beter bekend as “Bilo” en tans in Matriek aan Hoërskool Port Nolloth in die Noord-Kaap.

Hy is die seun van Marvin Muller woonagtig te Saldanhabaai in die Weskus en Joyce De Klerk in Port Nolloth.

Sy beste vriend is tans sy atletiekafrigter, John Cloete.

Bilo vertel: ”My atletiekloopbaan het op ‘n jong ouderdom begin waar ek en my vriende altyd resies gehardloop het.”

Bilo sê hy doen atletiek omdat dit die talent is wat wat hy by God gekry en intussen gegroei tot sy eerste liefde.

“My grootste inspirasie in die sport is my afrigter, Mnr. Cloete.

Ongeveer vyf jaar terug was hy nie sigbaar by die Masters Atletiek nie, maar vandag is hy in die top drie in sy ouderdomsgroep in Suid-Afrika.”

Hierdie jong talent van Namakwaland se ouers gaan beslis uit hul pad om te help en aan sy droom te werk en een van die bestes in sy sportkode te word.”

Baie keer is daar nie finansies, maar my ouers maak altyd ‘n plan vertel” Bilo terwyl hy hom gereed kry vir sy volgende afspraak met sy afrigter.

Hierdie atleet wil nog ‘n paar rekords breek en sy visie is om 2024 in Parys te Frankryk in die Olimpiese spele te gaan deelneem en ook goud vir Suid-Afrika wil huistoe bring.

Hy glo dat atletiek defnitief ‘n loopbaankeuse is vir hom en hy toon alreeds die potensiaal om eendag ‘n  professionele atleet te word.

Bilo het gedurende 2020 ‘n hoogtepunt bereik en na vier jaar se harde oefening die Noord-Kaap se onder sewentien kampioen geword in onderskeidelik 100-en 200 meter.

Gedurende Februarie 2020 het hy ook deel geneem aan die Puma School of Speed se byeenkoms in Paarl en daar het hy die 200meter gewen en ook ‘n brons medalje ingepalm in die 100meter.

“Ek het in Springbok ‘n nuwe Namakwalandse rekordtyd opgesit van 10.25 sekondes. Dit was aangeteken as een van die top drie vinnigste tye in die land. Dit het my laat kwalifiseer as deelnemer van die World Junior Games te Kenya. Dit het egter nie plaasgevind as gevolg van die pandemie en is verskuif na 2022,” deel hy opgewonde.

Port Nolloth is tans een van die ekonomiese groeipunte met sprake van groot ontwikkeling, veral in die hawegebied, maar huidiglik is daar nie juis enige afleiding of rekreasiegeriewe vir jongmense nie.

“Hier is nie eens ‘n atletiekbaan nie“, sê Bilo skouerophalend en gebruik hy maar die teerpad en sandduine as sy oefenplek.

“Ons as jongmense moet mekaar help en ondersteun. Daar is te veel afguns en jaloesie onder die jeug en ons kan soveel meer bereik as ons net saam wil staan”, kom dit van ‘n Graad 12 leerder en ‘n jongman wat beslis weet wat hy uit hierdie lewe wil bereik.

Hy en sy afrigter het ‘n baie goeie verhouding.

Bilo beskryf Cloete as ‘n positiewe mens wat altyd die lig aan die einde van ‘n donker tonnel sien.

“Hy is partykeer baie streng met sy afrigting, maar dit is die moeite werd.”

So baie beloftes word in die media gemaak van hoeveel miljoene beskikbaar is vir veral die kunste en die jeug en om ontwikkelingsprogramme vir jongmense moontlik te maak.

Myne en windplase in Namakwaland maak ook sulke beloftes.

Weinig van hierdie fondse bereik wel areas en gebiede waar talent langs die pad verdwyn en jongmense se drome net saggies verlore raak weens ‘n gebrek aan ondersteuning en verdere ontwikkeling.

Oor en oor word dit bewys dat mense in beheer van hierdie fondse is, nie eens van die Noord-Kaap is nie of het geen idee watter potensiaal in gemeenskappe opgesluit lê nie omdat hulle nie tussen die gemeenskappe woon nie.

Hierdie jong atleet het huidiglik geen borge of enige hulp, behalwe sy afrigter nie.

Sy ouers skraap maar hier en daar om Millano se uitgawes by te bring sodat sy talent kan seëvier.

“Ek kom nie uit ‘n welgstelde familie uit nie, maar is dankbaar vir enkeles wat wel vir my ondersteun. “

Millano hoop dat iewers in sy atletiekleeftyd Port Nolloth tog ‘n geskikte atletiekbaan en ordentlike sportfasiliteite sal kry omdat so baie jongmense versteekte talente het wat iewers langs die pad verlore raak.

Saangestel deur Edward Smit (Horison Media)

Alle foto’s deur Blaine Young Studios

Leave A Reply

Your email address will not be published.