Port Nolloth bejaardes heerlik bederf!

0

Bejaardes in verskeie gebiede in en om Port Nolloth is heerlik bederf.

Hierdie was ’n mutlidissiplinêre inisiatief en dit was ’n groot sukses!

Tydens die program is besprekings gehou tussen die belanghebbendes en bejaardes wat die ouer persone se regte bevorder het soos uiteengesit in die Wet op Ouer Persone, vertel ’n polisiewoordvoerder Kaptein Sergio Kock.

Hierdie Wet is bedoel om die status, regte, welsyn en sekuriteit van ouer persone te beskerm, te bevorder en in stand te hou.

Die Port Nolloth SAPD, plaaslike gemeenskapspolisieforum, die Departement van Veiligheid en Skakeling, SAPD se maatskaplike misdaadvoorkomings-, vrouenetwerk en Port Nolloth-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe bejaardes was die verskeie rolspelers.

Die spanne het ook die bejaardes met troospakke en lekkernye bederf wat die werklik waardeer was.

Leave A Reply

Your email address will not be published.