Port Nolloth: Gemeenskap soek na vermiste kleuter

"Die kleuter is laas gesien by die riooldamme in Sizamile, Port Nolloth, met 'n oranje T-hemp en 'n rooi broek aan."

0

Dinsdag 24 Augustus ongeveer 18:45 is ‘n klagte ontvang oor ‘n drie jarige kleuter, Liam Cloete, wat sedert 14:00 die betrokke dag vermis geraak het.

Die kleuter is laas gesien by die riooldamme in Sizamile, Port Nolloth, met ‘n oranje T-hemp en ‘n rooi broek aan.

Polisiewoordvoerder van die Port Nolloth SAPD, Renique de Wee, het bevestig dat volgens die ma het die kind saam met sy vriende in die straat naby die huis gespeel.

“Die kind het by die huis gekom om water te drink en is toe weer weg om te speel,” het die ma gesê.

Na ‘n geruime tyd het die ma die kind gaan soek, aangesien hy nie huis toe gekom het nie.

“Nadat sy sonder sukses na die kind gesoek het, het sy met die plaaslike SAPD in verbinding getree om ‘n vermiste persoon-klag aanhangig te maak. Die betrokke rolspelers is geaktiveer om deel te neem aan die soektog. Die betrokke rolspelers is onder andere die stasiebevelvoerder, bystanddiensbeampte, bystandspeurder, speurderkoördineerder, soek en redding, NHCR Port Nolloth, plaaslike munisipaliteit, gemeenskapslede en departement sosiale ontwikkeling.

 Die kontak speurder op bystand D/konst LM Bock en kan gekontak word by 082 495 5292.

Leave A Reply

Your email address will not be published.