Port Nolloth man in geveg deur polisie gewond – sterf

"Langa sê met hul aankoms het twee vroulike polisiebeamptes 'n gewonde 24-jarige man gevind wat 'n mes in sy hand gehad het."

0

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) ondersoek die dood van ‘n man wat na bewering probeer het om ‘n polisiebeampte in die Noord-Kaap aan te val.

‘n OPOD-woordvoerder, Grace Langa, sê op Sondag 12 September 2021 was twee polisiebeamptes besig met roetine-patrollies toe hulle ‘n klag ontvang oor ‘n geveg in Joost Engelbrechtstraat, Port Nolloth, in die Noord-Kaap.

Langa sê met hul aankoms het twee vroulike polisiebeamptes ‘n gewonde 24-jarige man gevind wat ‘n mes in sy hand gehad het.

Sy sê toe die polisie hom wou vra wat gebeur het, het hy daarna glo gedreig om iemand in  die woning te steek waarop hy gewys het.

Langa sê die 24-jarige het dadelik omgedraai en na daardie huis gehardloop.

Sy sê polisiebeamptes wat op die toneel was, het hom probeer kalmeer en beveel dat hy die mes moet laat val, wat hy geweier het om te doen.

Hy het gehardloop na die hek van die huis wat hy vroeër uitgewys het.

Langa sê nadat hy ontdek het dat die hek gesluit is, het hy na een van die polisiebeamptes gegaan wat hom telkens  beveel het om die mes te laat val, wat hy geweier het om te doen.

Die vroulike polisiebeampte het oor ‘n sandhoop agter haar gestruikel terwyl sy agteruit geloop en op haar rug beland.

Die verdagte het haar toe met die mes genader terwyl sy op die grond gelê het.

Sy het haar vuurwapen met een hand gegryp terwyl hy die mes in ‘n steekposisie gehou het.

Die vroue konstabel het die sneller getrek in ‘n poging om die dreigende aanval op haar af te weer.

Die koeël het die verdagte op sy linkerboud getref.

Hy het omgedraai en ‘n paar meter gestap voordat hy in mekaar gesak het.

‘n Ambulans is ontbied en die verdagte is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Hy is dood enkele minute nadat hy by die hospitaal aangekom het.

“Sy lyk is na die Springbok -staatslykhuis vervoer,” het Langa gesê.

Volgens Langa is daar geen beserings opgedoen deur polisiebeamptes wat op die toneel was nie, en die polisiebeamptes wat na bewering geviktimiseer is, het ‘n saak van ernstige liggaamlike leed (GBH) teen die verdagte aanhangig gemaak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.