Postmasburg SAPD groet stasiebevelvoerder

 Postmasburg SAPD groet stasiebevelvoerder

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Postmasburg SAPD het die stasiebevelvoerder, Luitenant-Kolonel Andries Witbooi tydens ‘n bittersoet afskeid op 26 Januarie 2022 vereer en gevier.

Witbooi het Postmasburg SAPD gedien vir meer as 29 jaar van sy 33 jaar diens in SAPD.

Polisiewoordvoerder, Adjudant-Offisier Makoloi het bevestig dat onder die hooggeplaastes wat die viering bygewoon het, was Brigadier John Besnaar wat in sy toespraak vir Kolonel Witbooi geluk gewens het en vir hom gesê het dat hy weet dat Kakamas pas die beste stasiebevelvoerder in ZFM Kluster verwerf het.

Kolonel Witbooi is ook deur die Mynbestuurder van Sedibeng waardeer en erken vir sy bydrae tot misdaadbekamping in die gemeenskap.

“Die burgemeester van Tsantsabane, Me Helena English het Kolonel Witbooi beskryf as ‘n ware polisieman, ‘n man met twee pragtige karakters wat albei besonder goed bemeester is,” het Makoloi gesê.

Deur ‘n Pastoor en ‘n polisiebeampte, het sy verder aangedui dat sy intelligensie en kalmte respekteer.

Die gemeenskap sal hom altyd waardeer hoe hy hulle met soveel ywer, trots en toewyding gedien het.

Dit is ‘n groot verlies, maar ‘n groot seën vir die Kakamas-gemeenskap.

Die familie van Kolonel Witbooi is ook waardeer vir die opofferings wat hy vir die gemeenskap van Postmasburg gemaak het. 

Bernadine Hearn

Related post