Postmasburg SAPD ondersoek ’n moordsaak

0

Die polisie in Postmasburg ondersoek ‘n moordsaak ná die noodlottige skietery van ‘n 36-jarige man in Valkstraat op Newtown.

Na bewering het die oorledene op die toneel gesterf.

n Polisiewoordvoerder, Adjudant Offisier Nomvuyo Makoloi, sê volgens inligting het die verdagte onmiddelik ná die voorval van die toneel gevlug.

Hy het ’n grys broek en swart baadjie aangehad en die polisie versoek die publiek se hulp om die verdagte op te spoor en in hegtenis te neem.

Alle inligting sal met vertroulikheid behandel word.

Die SAPD se noodnommer 08600 10111 kan gekontak word of die MYSAPS App kan gebruik word.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.