Postmasburg skole leer meer oor gevare van alkohol en dwelms

"Hierdie byeenkoms het die Sobriety Week-veldtog begin, wat op 13 September 2021 begin het en op 18 September 2021 met 'n pretloop sal eindig."

0

Postmasburg SAPD, in samewerking met die Drankraad in die Noord-Kaap en die departemente van onderwys, gesondheid en die Tsantsabane Alkohol- en dwelmdienste het ‘n redenaarskompetisie aangebied met hoofsaaklik gefokus het op Fetale Alkohol Sindroom (FAS) en Tienerswangerskappe.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kolonel Mashay Gamieldien, bevestig dat drie skole, Hoërskool Postmasburg, HS Blinkklip en HS Ratang Thuto het op 14 September aan hierdie inligtingswerkwinkel deelgeneem by die plaaslike ACVV-sentrum in Postmasburg.

Vier leerders per skool het deelgeneem en is deur 7 beoordelaars beoordeel.

“Die leerders het elkeen deelnamesertifikate ontvang en elke skool het ‘n trofeë en promosie-items ontvang. Die tema: #NUGTERSKAP IS MY VERANTWOORDELIKHEID is daarop gemik om oormatige drankverbruik en die impak wat sterk drank op die jeug het, aan te spreek,” het Gamieldien gesê.

Hierdie byeenkoms het die Sobriety Week-veldtog begin, wat op 13 September 2021 begin het en op 18 September 2021 met ‘n pretloop sal eindig.

Verskeie operasionele aksies sal ook gedurende hierdie tydperk uitgevoer word, insluitend inspeksies van nakoming en versperrings.

#NUGTERSKAP IS MY VERANTWOORDELIKHEID.

Leave A Reply

Your email address will not be published.