Postmasburg-verkragter kry lewenslank

"Polisiewoordvoerder, Kolonel Mashay Gamieldien in die Noord-Kaap het bevestig dat De Koker tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is."

0

Die provinsiale hoof van die FCS-eenhede in die provinsie, Brigadier Nicky Mills, verwelkom die uitspraak wat op 18 Oktober 2021 in die streekhof in Postmasburg aan Elrico De Koker (32) gelewer is.

Polisiewoordvoerder, Kolonel Mashay Gamieldien in die Noord-Kaap het bevestig dat De Koker tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is.

Dit kom nadat hy ‘n 14jarige vroulike slagoffer op 14 Maart 2020 omstreeks 17:00 in ‘n leë hut in Riemvasmaak in Postmasburg verkrag het.

Haar tante se kêrel (die beskuldigde) het haar gedwing om hom te vergesel om water te gaan haal.

“Die beskuldigde het haar gedreig om dit vir niemand te vertel nie en op 6 Augustus 2020, nadat sy talle nagmerries beleef het, het haar ma agterdogtig geraak dat iets fout is en die slagoffer het haar meegedeel dat sy deur die beskuldigde seksueel aangerand is toe sy by haar tante se hut oorgeslaap het,” het Kolonel Gamieldien gesê.

Die beskuldigde het die polisie ontduik en op 30 November 2020 het twee lede van die Postmasburg Veediefstaleenheid inligting ontvang dat die beskuldigde op die pad tussen Kuruman en Kathu stap.

Toe die lede hom nader, het hy een van die lede gesteek en was in hegtenis geneem.

Hy is ook aangekla van aanranding en weerstand teen arrestasie.

De Koker bly in aanhouding tot sy vonnisoplegging.

Sy naam is in die Nasionale Seksuele Oortreders Register aangeteken en hy is ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die ondersoekbeampte, wat ook die Postmasburg FCS -bevelvoerder is, D/W/O Deborah Bob is geprys omdat hy die lewenslange vonnis opgelê het, wat verseker het dat die oortreder lewenslank opgesluit is omdat hy so ‘n gruwelike misdaad gepleeg het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.