Premier Saul bring hulde aan ontslape LUR Mac Jack

0

Die premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, het gesê die ontslape provinsiale LUR vir onderwys, Mac Jack, was ‘n eerlike man.

Saul het hierdie woorde gister aan wyle Mac Jack gekoppel, tydens sy begrafnisdiens op Graaff-Reinet, in die Oos-Kaap.

Saul het Jack beskryf as ‘n man wat altyd wou hê dat eenheid in die Noord-Kaapse regering moet heers.

Hy het gesê dit is duidelik nadat Jack, 15-jaar lank in die Pixley Ka Seme-distrik gestasioneer was, waar hy verskillende poste beklee het, waaronder dié van die voorsitter, sekretaris en tesourier.

Saul het bygevoeg dat Jack meer as ‘n kameraad vir hom was. Hy sê Jack was soos ‘n broer, nie net vir hom nie, maar ook vir baie ander in die provinsie.

Hy het Jack se dood Woensdagaand aangekondig, nadat die 55-jarige aan koronavirusverwante komplikasies omgekom het. Sy dood kom ‘n week nadat hy in die Mediclinic-hospitaal in Kimberley opgeneem is.

“Jack het in die Noord-Kaap gedien as lid van die provinsiale wetgewer; LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling; LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme; LUR vir gesondheid, en LUR vir onderwys.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.