Premier Saul stel SBL verkiesing vandag bekend

Die Departement van Onderwys het skoolbeheerliggame nodig wat kurrikulumlewering sal ondersteun, en die bestuur van skole sal versterk.

0

Dit is ‘n onbetwiste feit dat skoolbeheerliggame (SBL’e) ‘n deurslaggewende rol in die sukses van skole speel.

Skole met effektiewe en doeltreffende SBL-lede sal waarskynlik groter sukses behaal as diegene met beperkte ouers- en gemeenskapsbetrokkenheid.

Kreatiewe en vindingryke SBL’e speel ‘n fondamentele rol in die skaffing van skaarse hulpbronne vir onderwys.

“Hulle speel ‘n kritieke rol in die stryd teen rassisme, seksisme, xenofobie en alle ander vorme van diskriminasie en onverdraagsaamheid.”

Die Departement van Onderwys het skoolbeheerliggame nodig wat kurrikulumlewering sal ondersteun, en die bestuur van skole sal versterk.

Daarbenewens moet die Departement fokus op die verbetering van leerderprestasies deur skole te ondersteun in die ontwikkeling van strategieë om onderrig en leer te verbeter.

Daarom doen die departement ‘n beroep op alle lede van die samelewing, om hulself beskikbaar te stel vir nominasies, bywoning van vergaderings en deelname aan die SBL-verkiesing in 2021.

Dit is ‘n geleentheid vir ouers en lede van die gemeenskap om ‘n verskil in hul skole te maak.

Dit is volgens die departement van onderwys en óók hoekom die “Premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, vergesel deur die LUR vir onderwys, mnr. Zolile Monakali, die 2021-verkiesings vir die skoolbeheerraad vandag om twaalfuur sal begin.

Die verkiesings vind plaas tussen 01 Maart – 30 April 2021.

Die woordvoerder vir die departement vir onderwys, Geoffrey Van der Merwe het bevestig dat die provinsiale bekendstelling van die negende SBL-verkiesing soos volg sal plaasvind:

“Datum: Woensdag 17 Februarie 2021

Tyd: 12h00”

Lede van die publiek kan die gebeurtenis regstreeks stroom op alle gemeenskapsradiostasies en op die volgende Facebook-bladsye:
-Noord-Kaapse provinsiale regering
-Noord-Kaapse departement van onderwys

Luisteraars word aangeraai om in te skakel op Radio NFM 98.1, vir die regstreekse uitsending deur die Noord-Kaapse Premier.

Leave A Reply

Your email address will not be published.