Prieska verkragter agter trallies

"‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig op 19 Augustus 2016 het die vroulike slagoffer (19) en die beskuldigde parfuum in die Prieska-omgewing verkoop."

0

Die SAPD in die Noord-Kaap verwelkom die vonnis van 10 jaar wat onlangs in die streekhof op Prieska aan Deon Andreas (31) opgelê is.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig op 19 Augustus 2016 het die vroulike slagoffer (19) en die beskuldigde parfuum in die Prieska-omgewing verkoop.

Die beskuldigde het haar in sy shanty gelok waar hy haar op mespunt verkrag het.

Andreas is die volgende dag in hegtenis geneem en bly in aanhouding tot sy vonnisoplegging op 28 September 2021.

“Brigadier Nicky Mills, provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in die Noord-Kaap, het D/Sgt Denzil Swarts van die Prieska FCS -eenheid geprys vir die noukeurige ondersoek wat tot hierdie uitstaande vonnis gelei het,” het Kaptein Kock gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.