Provinsiale direktoraat hou High Tea ter erkenning van vroue polisiebeamptes

"Die geskiedenis van High Tea-geleenthede dateer terug na die 1700's en is gewoonlik in die middag gehou om mans te bedien wat in die veld in Brittanje gewerk het."

0

Op Vrydag 29 Oktober 2021 het SAPD-vroue in die Noord-Kaap ‘n High Tea-geleentheid aangebied ter erkenning van hul bestaan binne die organisasie.

Die geskiedenis van High Tea-geleenthede dateer terug na die 1700’s en is gewoonlik in die middag gehou om mans te bedien wat in die veld in Brittanje gewerk het.

Die naam is afgelei van die feit dat slegs mense van hoë aansien en status in die proses gebruik is om die mense met ligte maaltye te bedien terwyl hulle staan.

Kaptein Thabo Litabe, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê dat op 1 Januarie 1976 het die eerste groep vroue by die polisie aangesluit en hierdie High Tea-geleentheid dien as ‘n voorspel tot die 50ste jaar mylpaal wat in 2022 gevier sal word.

Die geleentheid is bygewoon deur baie vroue  onder andere die voormalige Provinsiale Hoof van Inspektoraat en die onlangse afgetrede Generaal-Majoor Jennifer Fourie insluit.

“Die Adjunk Provinsiale Kommissaris vir Misdaadopsporing in die Noord-Kaap, Generaal-Majoor Koliswa Otola, het tyd uit haar besige skedule geneem en die geleentheid bygewoon wat joviaal en vol liefde was terwyl vroue mekaar omhels het terwyl hulle woorde van bemoediging gedeel het,” het kaptein Litabe gesê.

Kaptein Loleka Cawe van Employee Health and Wellness Services het ook kragtige woorde gespreek om met die “koninginne” te deel en haar hooffokus vir die dag was Gesinsgeweld en Geslagsgebaseerde Geweld.

Sy het sterk gepraat oor die bydrae wat vroue maak om ander vroue en hul huwelike te breek, wat sodoende tot gesinsgeweld en geslagsgebaseerde geweld lei.

Die vroue het sterk navore gekom, was bemoedig en hoogs bemagtig uit die geleentheid gekom wie se hoofdoel was om wonderlike gesprekke te voer en idees te deel.

Kaptein Litabe het gesê dat die geleentheid sou nie volledig wees sonder dat hulle hul moederkant weerspieël deur dit af te sluit met ‘n kersaansteekseremonie wat deur die twee generaals uitgevoer is ter nagedagtenis van diegene wat uit hierdie wêreld vertrek het nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.