Provinsiale Jeug Teen Misdaad organisasie beoog om jeug te bemagtig

0

Die Provinsiale Jeug Teen Misdaad-organisaie in samewerking met die plaaslike polisie, het gister ‘n program vir jeugdiges van Namakwaland aangebied by die Nababeep polisiestasie.

Die program het oor geslagsgebasseerde geweld en geestesgesondheid gehandel.

Dit was ’n ope-gesprek oor wat jeugdiges verstaan onder die bogenoemde onderwerpe, wat jeugdiges as uitdagings ervaar en wat hulle as oplossings sien.

Andisiwe Mdlalana, sekretaresse van die provinsiale jeug teen misdaad organisasie, het die program gelei.

Mdlalana het die program geopen met ’n ysbreker en daarna in gesprek getree met die jeugdiges.

Jakobus April, ’n prediker, was ook een van die sprekers en het die jeug met wyse woorde gelaat.

“Geleentheid sal nie na jou toe kom tensy jy dit gaan haal nie,” het April gesê.

Baie klem is gelê op emosionele mishandeling, aangesien dit nie iets is wat raakgesien kan word nie, en wel kan opbou en enorme woede op ’n latere stadium kan veroorsaak.

Van die jeugdiges wat deelgeneem het aan die gesprek voel dat alles wat in gemeenskappe gebeur, ’n aaneenlopende kettingreaksie is.

Sanitêre doekies is geskenk aan al die jong meisies wat aan die program deelgeneem het.

Na ’n baie ernstige program het “Khoisan” (volle naam: Lesego Moitsemang) die jeugdiges vermaak met ’n paar lekker grappies wat hy vertel het.

Edlynne Julies, ’n teologie student, het die suksesvolle program met ’n gebed afgesluit.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.