Provinsiale LUR van Gesondheid besoek die Namakwa-distrik

0

Die distrik hoof van die departement van gesondheid in die Namakwa-distrik, Dina Beukes, het met NFM gepraat oor die huidige stand van sake, met betrekking tot die COVID-19 pandemie in diè distrik.

Sy het gevra dat die Namakwalanders kalm moet bly alhoewel hul vrese groter raak.

Beukes het gesê dat almal gegrond en ge-anker moet wees in die Here en by Hom skuil.

Sy het verder verduidelik dat veranderings aangebring is, aan die siftings- en toestingsprosesse in diè distrik.

Concordia se prosesse vind vandag, Dinsdag, 28 Julie plaas en Bergsig op Donderdag, 30 Julie.

“Die nuutverkose LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwene, gaan die Namakwa-distrik op Woensdag, 29 Julie besoek.”

Beukes gaan ‘n voorlegging doen oor beplanning asook ‘n verslag gee oor COVID-19 in die omgewing.

COVID-19 pasiënte in die Namakwa-omgewing word in die Dr. Isak van Niekerk- en Abraham Esau- hospitale opgeneem en behandel.

Van die pasiënte is siek, sommige nie ernstig siek nie en kritieke pasiënte word aan ventilators gekoppel.

Die gesondheidstelsel in Namakwa is nie gerat vir sekere spesialiteits-sorg nie.

Namakwa, fokus dus nog op primêre sorg, sê Beukes.

Baie pasiënte sal tydens die pandemie intensiewe sorg benodig, maar sal na die betrokke instansie verwys word, waar nodig.

Beukes sê die department is gerat vir COVID-19, maar met die toename in getalle en die tekort aan gesondheidspersoneel, is daar steeds angs en vrees.

“Die departement het nie ‘n groot aantal verpleegsters en dokters nie.”

Beukes voeg by dat dit dus die gemeenskapslede se verantwoordelikheid is om saam te werk, anders gaan die gesondheidstelsel ‘n groot probleem in die gesig staar.

Die Namakwa distrik se COVID-19 statitieke vir die naweek van Saterdag, 19 Julie tot Sondag 26 Julie 2020, is 114 in totaal.

56 Pasiënte het intussen genees, 55 gevalle is steeds aktiewe.

Die Hantam-distrik het 3 sterftes aangeteken.

Beukes sê daar is ‘n paar uitdagings om die getalle en sterftes reg geplot te kry, alhoewel die departement regstellings doen.

Beukes verwys daarna dat hulle ‘n vergadering by ‘n winkelsentrum bygewoon het en moes gedurigdeur vir mense sê dat hulle hul maskers moet opsit.

“Mense besef nie dat hulle ersntig siek kan word van die virus nie”, voeg sy by.

Die totale aantal mense wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap het toegeneem van 3 600 tot 3 875, waarvan 1 223 van die virus genees is en 29 oorlede is.

Daar is nou 2 621 aktiewe gevalle in die provinsie.

Die totale COVID-19 gevalle in die Namakwa distrik is 113, met een nuwe geval wat vir diè distrik bygevoeg is.

Hantam het 36 gevalle, Kamiesberg – 1, Karoo Hoogland – 4, Khâ-Ma – 15, Nama Khoi – 41 en die Richtersveld- plaaslike munisipaliteitsdistrik het 16 gevalle bevestig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.