Quinta Titus – ‘n Aktivis en ‘n mentor vir baie

“Sy was ‘n aktivis en ‘n mentor vir die mense. Ons weet dat sy was soos ‘n Moeder vir baie en dit is  daardie liefde en passie wat hierdie Quinta Titus Gender Based Violence Respond Fund aan die gang wil hou”, het van Wyk gesê.

0

Die Quinta Titus Gender Based Violence Respond Fund was Saterdagaand, 29 Mei 2021,bekend gestel in die Okiep Country Hotel deur die NAMKO nie-regeringsorganisasie om Quinta Titus se pionierswerk in die breë Namakwaland te gedenk.

“Lewe jou lewe eenvoudig en nederig, so wanneer jy eendag die hiernamaals betree dat diegene wat agter bly altyd aan jou sal dink as ‘n merkwaardige persoon wat jou merk gemaak het.”

Hierdie woorde laat my dink aan Quinta Titus wie se se hart en hande altyd oop was vir haar medemens.

Sy het ‘n pragtige gees gehad, het beskik oor uithouvermoë en was diensbaar teenoor almal.

As ‘n unieke wese wou elkeen ‘n stukkie van haar hê.

Titus het ‘n sigbare verskil gemaak oral waar sy gegaan het,

Ronnie Van Wyk beklee tans die posisie wat Titus voorheen beklee het by NAMKO en lewer baie goeie werk.

“Ek moet ‘n goeie job kan doen, want ek het vir 24 jaar saam met Quinta gewerk”, sê Van Wyk trots.

Hy moes ook baie dinge geleer het en het selfs baie dinge beleef.

Hy het die doel van Saterdagaand se funksie gedeel.

Titus het op een of ander manier direk of indirek mense se lewens aangeraak.

Die rede vir die samekoms was om die werk wat Titus begin het te laat voortleef.

As werknemers van NAMKO wil hulle hul werksaamhede met dieselfde passie van Titus aanpak.

“Ons  wil dieselfde verskil maak  en baie vroue  bemagtig soos Titus die voorbeeld en standaard neergelê het. Daar is ‘n taak wat verrig moet word om Quinta se legacy voor te laat leef. Elkeen het ‘n plig om die voetspore wat sy uitgetrap het vol te staan.”

NAMKO as ‘n nie-regeringsorganisasie het ‘n rol het om te speel en om die demokrasie te beskerm.

NAMKO bestaan vir bykans 30 jaar, maar het nodig om in voeling te kom met wat in die gmeenskappe aangaan.

Die sosiale, maatskaplike en ekonomiese omstandighede in gemeenskappe het verander en sedert 2019 is die organisasie  besig om intens betrokke te raak in die gemeenskap.

 “Sy was ‘n aktivis en ‘n mentor vir die mense. Ons weet dat sy was soos ‘n Moeder vir baie en dit is  daardie liefde en passie wat hierdie Quinta Titus Gender Based Violence Respond Fund aan die gang wil hou”, het van Wyk gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.