R50 000 beloning aangebied vir vermiste verdagtes

"Geen skote is afgevuur nie en geen beserings is op rekord”, het Mnisi gesê."

0

Die Direktoraat vir die Ondersoek van Prioriteitsmisdade (Valke) in die Noord-Kaap bied ‘n beloning aan enige persoon aan wat inligting kan verskaf  tot die inhegtenisneming en vervolging van verdagtes wat betrokke was by die roof van die Tsineng-polisiekantoor.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisis het bevestig dat op Saterdag, 31 Julie 2021, het drie gewapende verdagtes die polisiekantoor in Tsineng binnegegaan asof hulle ‘n klag wou indien.

Terwyl die polisiebeampte besig was om hulle te help in die gemeenskapsdienssentrum het een verdagte oor die toonbank gespring en die polisielid aan diens met ‘n vuurwapen gedreig.

“Die polisiebeampte is toe beveel om ‘n kluis oop te maak en die verdagtes kon daarin slaag om met agt pistole, drie gewere en twee kort gewere en verskeie ammunisie op vlug te slaan.

Geen skote is afgevuur nie en geen beserings is op rekord”, het Mnisi gesê.

Enigiemand met inligting moet die Valke se ondersoekbeamptes, Kolonel Mgcineni Christopher Sityodana, by 071 481 2802 of Adjudant-Offisier Micheal Modise Bogacwi by 082 495 0819 kontak, of die polisie se misdaadstopnommer 08600 10111 skakel of die  SAPD se toepassing  gebruik.

Alle inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik gehou word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.