Radio NFM die teiken van misdaad

"KOVID-19 het ook geleenthede vir misdaad geskep en booswigte het met kreatiewe idees vorendag gekom om munt te slaan."

0

Die KOVID-19 pandemie het met verskeie uitdagings gekom en vrees onder die mensdom veroorsaak.

Die effek van die pandemie op die Suid-Afrikaanse ekonomie het gelei tot die sluiting van verskeie besighede en baie huishoudings sonder ‘n inkomste gelaat.

KOVID-19 het ook geleenthede vir misdaad geskep en booswigte het met kreatiewe idees vorendag gekom om munt te slaan.

Radio Nfm in Namakwaland, ’n nie-regerende organisasie was ook onlangs deur misdaad geteiken.

Ons wil dit onder die luisteraars en die algehele publiek se aandag bring dat die nie-regerende organisasie nie betalings eis vir enige onderhoude nie.

Ons het inligting ontvang dat ‘n vou in die radio se opvangsgebiede beweeg en onderhoude doen met mense en voorgee dat sy van Radio Nfm is.

Hierdie slenter word dan gebruik om onskuldige mense op ‘n slinkse wyse te beroof.

Radio Nfm se omroepers se stemme is bekend in ons uitsaaigebiede en ons personeel sal toegerus wees met identifikasie dat hulle deel is van die radiostasie.

Radio Nfm vrywaar haar teen enige persone of mense wat onderhoude teen betaling doen.

Indien sulke persone by u aandoen wat onderhoude teen betaling eis namens  Nfm, skakel die polisie onmiddellik.

Skakel ook radio Nfm se kantore by 027 744 1610.

Leave A Reply

Your email address will not be published.