Radio Nfm kry ‘n nuwe ‘stem’

Met die opknapping van die werksplek bring dit 'n verskil in die werknemer en dit het te doen met die organisasie se kultuur ook.

0

Die opgewondenheid kan in die lug bespeur word onder die omroepers van Radio Nfm met die opknapping en opgradering van die ateljees.

Dit is tyd vir nuwe dinge met die nuwe seisoen van Lente wat in die lug hang.

Rose Giko, program- en menslike hulpbronnebestuurder verbonde aan Radio NFM in Okiep is baie opgewonde met die nuwe gesig en stem  wat Radio Nfm binnekort gaan kry.

“Hierdie opgraderings het beslis ‘n positiewe effek op ons personeel” ,vertel Giko opgewonde.

Met die opknapping van die werksplek bring dit ‘n verskil in die werknemer en dit het te doen met die organisasie se kultuur ook.

Die grootskaalse opgraderings aan die gebou en rekenaarsagteware maak ook ruimte vir die werknemers om met nuwe idees na vore te kom.

Dit is die begin van ‘n nuwe hoofstuk in Radio NFM se bestaan  en dit bring inderdaad lig na die werksomgewing.

“Ons luisteraars sal nou ook professioneel  bedien  word, want daar gaan nie meer struikelblokke wees nie. Kwaliteit programme, klingels, “drops” en advertensies kan geproduseer word, want daar sal dus geen hindernisse wees nie”, vertel Giko op ‘n ligte noot.

‘n Nuwe handelsmerk word ook in die vooruitsig gestel waarna almal opgewonde uitsien en binnekort sal programme sonder enige onderbrekings oor die liggolwe uitgesaai word.

“Ek kan nie wag om te sien hoe die ateljees gaan lyk nie en die impak wat dit sal hê op ons personeel. Almal is opgewonde,” het sy gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.