Radio “omroeper” agter tralies

"Nadat Radio Nfm dit op die klankgolwe bekend gemaak het van die misdadige optrede, is die persoon in hegtenis geneem."

0

Radio Nfm het onlangs berig van ‘n vroue “omroeper” wat in die radio se opvangsgebiede beweeg en onderhoude doen met mense en voorgee dat sy deel is van die radiostasie.

Kovid-19 het met verskeie uitdadings gekom onder andere die vrees dat mense hul werke sal verloor weens grootskaalse afleggings en gebrek aan inkomste .

Die ekonomie in Suid-Afrika is dus lam gelê deur die pandemie.

Radio Nfm, ’n nie-regeringsorganisasie was onlangs deur ‘n misdaadslenter geteiken waar mense moes betaal het vir radio-onderhoude.

Ons luisteraars en die algehele publiek was in kennis gestel dat die radiostasie nie mense betaal vir onderhoude, en dat geen omroeper betalings mag eis vir onderhoude wat uitgesaai sal word nie .

Diè slenter word dan gebruik om onskuldige mense op ‘n slinkse wyse te beroof.

Nadat Radio Nfm dit op die klankgolwe bekend gemaak het van die misdadige optrede, is die persoon in hegtenis geneem.

Radio Nfm wil sy opregte dankbaarheid uitspreek teenoor die luisteraar en gemeenskap vir hul vinnige optrede om die “omroeper” agter tralies te kry.

Die paraatheid van ons luisteraas getuig van die impak wat Radio NFM in Namakwaland het.

Radiobestuurder, Brunhild Strauss, het die betrokke luisteraar en gemeenskap geloof vir hul paraatheid deur ‘n stem te wees vir die radiostasie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.