Radiogemeenskap betreur die afsterwe van vegter vir gemeenskapsradio

"Sy intelligensie en gesonde oordeel het hom goed gedien in sy verskillende verantwoordelikhede in die industrie."

0

Die National Community Radio Forum (NCRF) betreur die  afsterwe van Mnr. Garth Damerell-Moss, op Saterdag 05 Junie 2021.

Hy word onthou  as ‘n dinamiese  leier wat ‘n  voorstander was van die gemeenskapsradiosektor in Suid-Afrika.

Die NCRF is ‘n nasionale lidmaatskap-gebaseerde vereniging van die Gemeenskapsradiostasie met ‘n verbintenis van 164 gemeenskapsradiostasies.

“Damerell-Moss was die voorsitter van die NCRF in die Noord-Kaap en ‘n lid van die NCRF Central Executive Committee (CEC). In die CEC het hy met onderskeiding in die subkomitee vir lobby en voorspraak gedien. Hy het sy stempel afgedruk in die gemeenskapsuitsendingsektor en sy passie, toewyding en gevoel van gemeenskapsdiens was vir almal voor die handliggend” , het Thabang Pusoyabone, Algemene Sekretaresse van die NCRF gesê.

Sy intelligensie en gesonde oordeel het hom goed gedien in sy verskillende verantwoordelikhede in die industrie.

In sy kern was hy ‘n gemeenskapsaktivis.

Damerell-Moss se nalatenskap in die  gemeenskapsradiosektor wat geweldig verryk is deur sy moed, idees en bydraes en sy standvastige geloof in die waarde van gemeenskapsmedia.

Die NCRF betuig hul innige meegevoel met al sy geliefdes, gemeenskapsradiosektor, alle belanghebbendes en is dankbaar vir die ontelbare maniere waarop hy die toekoms van gemeenskapsradio beter gemaak het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.