Radioman behaal Top 12 in Mr. Gay World SA

"Die chemistry tussen Nadine en Theron is opmerkbaar elektries."

0

Radiopersoonlikheid en bekende omroeper, Richard Theron van Concordia in Namakwaland het deur gedring tot die top 12 van die Mr. Gay World SA met sy oog nou op die gesogte prys.

Met vele terugslae in sy lewe het hy aanhou droom en nooit ophou glo om sy droom  ‘n werklikheid te maak.

Een van Theron se  terugslae was toe sy ma haar stryd teen kanker in 2020 verloor het.”

Ek vind vrede en berusting  in die feit dat my ma nie meer pyn ervaar nie,” sê Theron vanuit die radio-ateljee in Okiep.

Hierdie talentvolle en veelsydige omroeper vertel trots dat hyself na sy ma gekyk het tydens haar siekbed wat een van sy grootste ondersteuners was en altyd geglo het dat hy sy merk sal maak in die mediabedryf – en hy het!

Met ‘n trotse glimlag op haar gesig het Catherine Theron altyd na haar seun verwys as: “My verwaandste kind.”

Op ‘n ligter noot sê Theron, “My ma brêg daarbo in die hemel en sê:”Dit is mý kind daai.”

Alhoewel  2020 op ‘n seer noot vir hom begin het, het dit ‘n ander rigting ingeneem waar hy deel kon wees van die skoonheidsprogram, Wraak my mooi wat sy selfvertroue veral ná sy ma se dood ‘n hupstoot gegee het.

Tans is hy te sien op Musiek Roulette op SABC 2 met die sprankelende Nadine as aanbieder.

Die chemistry tussen Nadine en Theron is opmerkbaar elektries.

The Mr World South Africa and Mr Gay World South Africa Organisations het aangekondig dat die 2021-kompetisies vanweë die KOVID-pandemie en die veiligheid van almal uitgestel was tot die 21ste en 22ste Mei 2021.

Die inskrywings  was verleng en het gesluit op die 28 Februarie 2021 volgens  Andrew Hare, kommunikasiebeampte van Mr. World South Africa en Mr Gay World South Africa.

Hare het genoem dat die Mr World South Africa en Mr Gay World South Africa Organisations nog nie die beoordelaarspaneel aangekondig het nie.”

Nadat ons al die inskrywings ontvang het sal ons die nodige agtergrondkontroles doen om te verseker dat daar goeie bestuur bestaan.”

Hare het bygevoeg: “Ons hou ‘n propvol naweek van kompetisies in die vooruitsig, en begin die naweek op 21 Mei met Mr Gay World South Africa en daarna Mr World South Africa op 22 Mei.

Ons doel is om die wêreld te verenig met die slagspeuk, ‘United with Purpose’.

‘Die titel sal oorhandig word op 21 Mei 2021 aan Gay World South Africa 2021 en Mr World South Africa 2021 op 22 Mei.

Hierdie titelhouers sal Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig, aldus Hare.

Die 34 jarige Theron is ‘n radio/tv persoonlikheid en ‘n Podcaster.

Met die titel wil Theron alle nasies van die wêreld as een saambring, deur hulle te inspireer om liefde te versprei, nooit te haat nie en om nooit die menslike geslag op enige manier te diskrimineer nie.

Soos die spreekwoord lui, Variety is the spice of life.

Ons moet leer om mekaar te omhels. Leer van mekaar en groei as een wêreld met een doel en dit is om altyd deur liefde te verenig.”

Sy gevoel ten opsigte van die titel is: “Ek ervaar ‘n gevoel van dankbaarheid en is geseënd om deel te kan wees van so ‘n gesogte kompetisie.

Ek is baie opgewonde om te sien waarheen hierdie reis sal lei.

Hopelik kan ek hierdie platform gebruik om ‘n selfs groter Queer Nation of Mzansi te bou en die wêreld  as een te laat saamstaan.”

 

Please show me some love like and share as much as possible https://www.facebook.com/1777595799153000/posts/2972995526279682/

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.