Radioman se fietsgeselskap pak dag twee aan

"’n Deel van die inkomste sal gebruik word vir ontwikkelingswerk en met die hulp van Radio Nfm en die Nasionale Raad vir persone met gestremdhede en ondersteuningsvennote met die fietsgeselskap."

0

Dag een van die fietsuitreinkingstoer het begin die 11 Julie vanaf Springbok na Upington.

Die eerste skof was 96 km tot by die plaas, Suurwater net duskant Aggeneys.

Brunhild Strauss en sy fietsrygeselskap bestaande Ruben Titus, Luka Mienies en assistant, Ricardo Simon het hul gebring tot by die eerste skof.

Maandag, 12 Julie pak hulle die tweede skof aan op pad na Pofadder vanaf die plaas Suurwater ongeveer 69km.

Met hul besoek aan Pofadder gaan die geselskap hulpverligtingspakkies oorhandig aan begunstigdes wat insluit kospakkies, komberse en weggooibare doeke, wat deel uitmaak van die veldtog.

Alhoewel die span se bene en skouers bietjie seer is, is hulle gemotiveerd vir die 2de skof.

In samewerking met Loslitdag met diè jaar se plakkersverkope, wil hul help met die inkomste op nasionale vlak.

’n Deel van die inkomste sal gebruik word vir ontwikkelingswerk en met die hulp van Radio Nfm en die Nasionale Raad vir persone met gestremdhede en ondersteuningsvennote met die fietsgeselskap.

“Baie dankie aan die Maasdorp familie dat ons kon oornag het by hul pragplaas en dat hul gasvryheid het geen perke ken nie. Dankie aan Hester en  Deon Maasdorp vir die feit dat hulle ons so wonderlik ontvang het. Vanaand slaap ons in Pofadder geborg deur Pofadder Inn vir gratis verblyf. Ons is opreg dankbaar vir almal wat ons goedgesind is op hierdie tog. Ons  waardeer al die vriendelikheid en die bedagsaamheid van motoriste “, het Strauss gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.