Radiostasie se winteruitreikingsprojek bring warmte in Namakwaland

"Deur hul  bydrae kon ‘n ouma wat die oggend wakker raak en gewonder het waar gaan sy iets te ete kry vir haar  kleinkinders, deel word van die SoupDrive en haar krosie kon iets in die magie kry."

0

Snerpende, bibberende koue weer maak dat mens nie nog wil bekommerd wees oor wat omte eet.

Die impak van KOVID-19 het ‘n verlammende effek op baie huishoudings in Namakwaland tot gevolg.

Gesinne is bekommerd waar die volgende maaltyd vandaan gaan kom om hul mae te vul en hul warm te hou.

 Die afgelope  jare is Radio Nfm besig met hul Soupdrive-winter uitreikingsprojek, in die Namakwa-distrik.

Die projek het deur die jare ‘n verskil gemaak in die lewens van die luisteraars wat met opgewondenheid daarna uitsien waanneer die SoupDrive bakkie hul dorpe besoek.

Die projek was leefbaar gehou deur die oop hande, harte en beursies van luisteraars, besighede en donateurs sover as die buiteland.

Deur hul  bydrae kon ‘n ouma wat die oggend wakker raak en gewonder het waar gaan sy iets te ete kry vir haar  kleinkinders, deel word van die SoupDrive en haar krosie kon iets in die magie kry.

Die sop word met liefde voorberei deur die sopkombuise of tannie wat bereid is om die sop voor te berei in die betrokke gemeenskap.

Met hierdie uitreiking wil Nfm al die plaaslike munisipaliteite besoek in die distrik en dit kan net suksesvol wees met die hulp en ondersteuning van  luisteraars.

Vir diè rede maak die radiostasie weer staat op die gemeenskap, besighede en ander rolspelers vir enige bydraes in die vorm van nie-bederfbare produkte, kruideniersware en finansiële bydreas.

Dit kan afgelewer word by die kantore van Radio Nfm in Okiep.

Skenkings kan ook by luisteraars se wonings afgehaal word.

 Vir verdere navrae tot hierdie winterveldtog, kontak Radio Nfm kantore by 027 7441610.

Alle KOVID-19 maatreëls sal handhaaf word en in plek wees tydens die uitreikingsveldtog.

Leave A Reply

Your email address will not be published.