Ramaphosa gaan die land vanaand toespreek

0

Suid-Afrika se President, Cyril Ramaphosa gaan vanaand die nasie vir ‘n tweede keer hierdie maand toespreek.

‘n Woordvoerder in die presidensie, Tyrone Seale, het bevestig dat die toespraak nasionaal, en op verskeie sosiale media platforms uitgesaai sal word.

“Ramaphosa gaan landsburgers opdateer oor die land se reaksie op die COVID-19 pandemie, noudat die land in ‘n tweede vlaag van infeksies verkeer.”

Die presidensie sal nog die presiese tyd van die toespraak bekendmaak.

Intussen het Suid-Afrika 7 999 nuwe gevalle van COVID-19 en nog 170 koronavirus verwante sterftes die afgelope 24-uur aangeteken, het Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, bevestig.

“Die kumulatiewe aantal bevestigde COVID-19 gevalle in die land, het 860 964 bereik.”

Tot op hede het 23 276 pasiënte gesterf as gevolg van die virus.

Nóg 170 COVID-19-sterftes is die afgelope 24-uur aangemeld.

Hiervan is vier sterftes in die Noord-Kaap bevestig.

Die minister was verheug om ‘n totaal van 761 011 herstellings aan te kondig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.