Reën bring blydskap en seer

 Reën bring blydskap en seer

Foto: Verskaf @Nourivier

Met die onlnagse reën in die Nourivier-gemeenskap in Namakwaland het blydskap èn verwoesting gekom.

Die dorpie is geleë in die hart van die Kammiesberge in die Namakwa-ditsrik.

Die breë Namakwa het die afgelope paar dae baie droeë en warm dae ervaar.

Op Sondag het ‘n reënbui oor die distrik uitgesak, maar het verwoesting gesaai op die dorpie.

Vele van die inwoners is sonder heenkome gelaat en verskeie huise se dakke is ook afgewaai.

“Ons was binne-in die huis en het die weer sien aankom. Dit was net wind en stof. Later het almal na my kamer wat die boonste kamer is gegaan. Die volgende oomblik het die kant van die dak gelug en in die pad geval en ek sê vir my man ons moet hier uit, want ek weet nie wat gaan gebeur nie. Toe ons in die ander sinkhuis kom, sien ons hoe die wind die sink in die pad optel en daar teen die boom gooi. Nie lank daarna toe kom die agterste gedeelte en beland daar in die tuin. Ons was het heeltyd biddend,” vertel ‘n bejaarde ouma baie emosioneel.

Een inwoner noem dat die water was tot binne-in die huise en van hul meubels was meegesleur .

Die Nourivier-gemeenskap het die hulp van die luisteraars binne en buite die Namakwa-distrik nodig om te help om Nourivier na sy volle glorie te laat herstel.

Die gemeenskap het hulle besittings en woonstrukture verloor as gevolg van die skade wat die swaar reën veroorsaak het die afgelope dae.

Water, kos, boumateriaal, en vele hulp word benoding aan die inwoners in Nourivier.

Enige vorm van hulp kan u die volgende person skakel: EJ Van As te Kammieskroon by 073 1894114

Bernadine Hearn

Related post